Ekonome verwag ‘n uitdagende ekonomiese landskap in SA in 2024.
- 90.6 FM News
- Jan 10, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Ekonome verwag vanjaar ‘n uitdagende ekonomiese landskap in Suid-Afrika. Dit word toegeskryf aan die onopgeloste energieprobleme, die komende verkiesing en ‘n gespanne fiskale situasie. Hoë wêreldwye rentekoerse gaan na verwagting ook uitdagings veroorsaak vir maatskappye en verbruikers. Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel ‘n globale ekonomiese afplatting van 2,9% in 2024. Ontleders soos Raymond Parsons en Dale McKinley het hulle bedenkinge en sê hervormings is noodsaaklik om potensiële groei te laat versnel.
Comments