top of page
Search

Emfuleni bestee miljoene aan sekuriteit terwyl infrastruktuur geplunder word

VANDERBIJLPARK - Die Vryheids Fron Plus sê die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit spandeer miljoene aan sekuriteit, maar infrastruktuur word steeds geplunder. In April alleen het die munisipaliteit R12,5 miljoen aan sekuriteitsdienste bestee, R2,25 miljoen meer as die begroting – selfs ná ʼn 5% besnoeiing ingevolge die finansiële herstelprogram. Tog is kantore geplunder en kritieke substasies gestroop. Volgens die VF Plus is die uitgawes buitensporig, aangesien sekuriteitsdienste nie die nodige beskerming bied nie en eerder gebruik word vir politieke beskerming, insluitend die vervoer van senior amptenare in luukse voertuie. Die party eis ʼn forensiese oudit van alle sekuriteitsbetalings sedert 2006 en dat die name van diensverskaffers en begunstigdes openbaar gemaak word. Hulle eis ook dat kontrakte van maatskappye wat nie aan standaarde voldoen nie, moet beëindig word.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page