top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Emfuleni betaal tans ses verskillende regsfirmas weens 20 arbeidsgeskille

VAALDRIEHOEK - Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit staar tans 20 arbeidsgeskille in die gesig weens beweerde onbillike arbeidspraktyke. Die DA se politieke hoof in Emfuleni-Noord, Kingsol Chabalala, het in 'n verklaring gesê die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA), Mzi Khumalo, het weereens versuim om bekend te maak hoeveel geld Emfuleni aan hierdie arbeidsgeskille bestee het. Chabalala sê dié geld wat vir dienslewering bedoel is, kon gebruik word om te verseker dat Emfuleni-inwoners toegang het tot gereelde vullisverwydering en teerpaaie. LUR Khumalo het in 'n skriftelike antwoord op vrae van die DA in die Gautengse provinsiale wetgewer (GPL) gesê die regsfirmas word betaal volgens die toepaslike tariewe soos gestipuleer in die diensvlakooreenkoms. Chabalala sê die versuim om die bedrag geld wat aan regsfirmas betaal is bekend te maak, wek agterdog en is kommerwekkend omdat dit openbare geld is, en daar 'n behoefte aan deursigtigheid en aanspreeklikheid is. Hy sê Emfuleni betaal tans ses verskillende regsfirmas vir arbeidsgeskille.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

Comments


bottom of page