top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Emfuleni huiseienaars betaal steeds hul kragrekeninge aan die munisipaliteit en nie direk aan Eskom

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê Emfuleni huiseienaars moet steeds hul uitstaande kragrekenings direk aan die munisipaliteit betaal, alhoewel grootmaatkragverbruikers in die munisipaliteit hul kragskuld nou direk aan Eskom betaal. VF Plus in Emfuleni raadslid Gerda Senekal het vandeesweek in ‘n verklaring gesê dit volg ná ʼn hofuitspraak van die hooggeregshof in Pretoria op 5 Julie vanjaar. Emfuleni munisipaliteit is ses maande gegun om aan die hofuitspraak te voldoen. Emfuleni skuld Eskom R6,2 miljard. Senekal sê die VF Plus steun die hofbevel omdat dit vir sowat 200 grootmaakverbruikers en kleinhandelaars buiten vir beurtkrag van ononderbroke krag voorsien. Weens Emfuleni se wanbetaling aan Eskom het die munisipaliteit ook gedwonge beurtkrag toegepas wat ondernemings vir lang periodes sonder krag gelaat het. Eskom sal die winsverskil aan die munisipaliteit terugbetaal om sodoende Emfuleni in staat te stel om makliker sy rekening aan Eskom te vereffen. Huiseienaars betaal steeds hul uitstaande kragrekening direk aan die munisipaliteit, maar daar word beoog dat Eskom in die volgende twaalf maande volle bestuur van Emfuleni se kragrekeninge gaan oorneem.

Emfuleni sal steeds verantwoordelik wees vir die lees van kragmeters en die herstel van kraginfrastruktuur. Die VF Plus is van mening dat dié ooreenkoms Emfuleni in staat sal stel om suksesvol aansoek te doen by die nasionale tesourie vir skuldverligting wat beteken dat sy agterstallige kragskuld gedelg word indien die munisipaliteit getrou sy lopende skuld elke maand aan Eskom betaal.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments

Comments


bottom of page