top of page
Search

Emfuleni inwoners sal nie meer 16 dae sonder water wees nie

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Munisipaliteit het net na 14:00 vanmiddag ‘n kennisgewing uitgereik dat die Vaaldriehoekse munisipaliteit nie meer deur ‘n 16 dae wateronderbreking gebuk sal gaan nie. Volgens die munisipaliteit volg dit na breedvoerige konsultasie met verskeie sfere van die regering en Rand Water. Hierna is ;n besluit geneem dat die ELM meters nie meer deur die wateronderbreking geraak gaan word nie. Emfuleni waarsku egter dat die 16 dae onderbreking verskeie ander munisipaliteite in Gauteng oor die volgende tydperk gaan affekteer. Daarom moet ELM inwoners steeds op hulle hoede wees vir moontlike uitdagings met watertoevoer vanaf vandag. Emfuleni sê al die waterpunte wat voorheen beskikbaar gestel sou word, is steeds in plek en beskikbaar indien inwoners dit benodig.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page