top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Emfuleni keur tariefverhogings goed ten spyte van swak dienslewering

VAALDRIEHOEK - Emfuleni inwoners sal binnekort meer vir hul munisipale tariewe moet opdok. Die Vryheidfront Plus in Emfuleni sê die ANC-beheerde munisipaliteit het tariefverhogings goedgekeur wel wetende dat die munisipaliteit min of geen dienste in die volgende boekjaar sal kan lewer nie. Die VF Plus se Cobus Cato het in ‘n verklaring duidelik gemaak dat die VF Plus nie die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se onbefondsde begroting vir die 2024/25-finansiële jaar gesteun nie. Cato sê die werkloosheidskoers in Emfuleni is 56,2% wat die voorgestelde invorderingskoers van 85% vir munisipale rekeninge onrealisties maak. Verhoogde tariewe is as volg: Eiendomsbelasting – 4.9%; Elektrisiteit – 10.74%; Water – 5.9% en Vullisverwydering – 4.9%. Die VF Plus is van mening dat die enigste manier om die Emfuleni-munisipaliteit weer op sy voete te help, is om van die ANC in Gauteng ontslae te raak en te vervang met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

FOTO: (Verskaf)


8 views0 comments

Comments


bottom of page