top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Emfuleni skors amptenare oor beweerde ongerymdhede met debietorders

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit moes dringend sy debietorder-gerief stop weens ongerymdhede en ‘n moontlik georganiseerde bedrogspul. VF-Plus Emfuleni raadslid, Gerda Senekal, sê in ‘n verklaring die munisipaliteit het intussen drie amptenare geskors wat na bewering hierby betrokke is, terwyl die moontlikheid dat meer amptenare betrokke mag wees nie uitgesluit word nie. Senekal sê die ongerymdhede is ontbloot toe personeel opgemerk het dat debietorders wat in die munisipaliteit se bankrekening inbetaal word, se bedrae aansienlik minder is as die werklike uitstaande bedrag. Die VF Plus het tydens ʼn finansiële komiteevergadering daarop aangedring dat die saak deeglik ondersoek word en amptenare verantwoordelik gehou word vir hul optrede. Die party het ook daarop aangedring dat indien ʼn interne ondersoek die amptenare skuldig bevind, hulle ook strafregtelik aangekla moet word.

FOTO: (Verskaf)


29 views0 comments

Comments


bottom of page