Emfuleni versuim om R600 miljoen uit sy munisipale fondse te gebruik vir onvoltooide projekte
- 90.6 FM News
- Jan 28
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die DA in Gauteng sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit versuim om meer as R600 miljoen van sy Munisipale Infrastruktuurtoekenning te gebruik om projekte te voltooi en dienste aan sy inwoners te verskaf. Die DA sê die munisipaliteit het die afgelope vyf boekjare meer as R914 miljoen ontvang en net sowat R278 miljoen gebruik. Die DA se Kingsol Chabalala sê die munisipaliteit moes die geld gebruik het om paaie te bou, rioollyne te verbeter en onvoltooide projekte te voltooi. Chabalala sê dit is onaanvaarbaar.
Comments