Energie-ontleder sê aanvraag na Eskom-elektrisiteit is besig om af te neem
- 90.6 FM News
- Apr 18, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die energie-ontleder Chris Yelland sê sake-ondernemings en huishoudings gebruik minder Eskom-krag, wat die voortgesette opskorting van beurtkrag verduidelik. Dis vandag die 22ste agtereenvolgende dag sonder beurtkrag, en die kragvoorsiener skryf dit toe aan voldoende opwekkingsvermoë. Yelland sê alternatiewe kragbronne soos sonpanele op dakke en kommersiële installerings vul die nasionale kragnetwerk se beskikbare elektrisiteit aan. Hy sê die stygende koste van elektrisiteit laat sakeondernemings ook na alternatiewe kragbronne soek.
Commenti