top of page
Search

Eskom beklemtoon kragstasies se sleutelrol in die beurtkragvrye tydperk

VAALDRIEHOEK - Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, prys verskeie kragstasies vir hulle rol in Suid-Afrika se 40 dae sonder beurtkrag. Hy sê Eskom-aanlegte se energiebeskikbaarheidsfaktor het verbeter tot 58,99%. Ramokgopa merk op daar is sedert die begin van die maand geen diesel- of oopsiklus-gasturbines gebruik om beurtkrag te verminder nie. Ramokgopa sê bestendige opwekkingsverrigtinge het die land in staat gestel om kragonderbrekings te vermy. Hy verwerp ook gissings dat Eskom sy pad uit beurtkrag oopkoop.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments

Kommentare


bottom of page