top of page
Search

Eskom gaan hierdie week fase een- en drie-beurtkrag instel

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Eskom sê beurtkrag sal hierdie week tussen fase een en drie wissel. Fase een-beurtkrag is van vanoggend vyfuur tot vieruur vanmiddag in werking gestel, met fase drie wat van dan tot môreoggend vyfuur toegepas sal word. Hierdie patroon sal daagliks tot verdere kennisgewing gevolg word. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering is vol vertroue dat die stelsel besig is om te stabiliseer. Dit sal lei tot laer fases beurtkrag namate die stelsel herstel.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page