top of page
Search

Eskom neem kennis van hofbeslissing oor beslaglegging op Emfuleni se bankrekeninge

VANDERBIJLPARK - Eskom sê hy neem kennis van die beslissing van die Hooggeregshof in Pretoria oor die beslaglegging op die Emfuleni-munisipaliteit se bankrekeninge weens wanbetaling. Daar is in September op die rekenings beslag gelê toe die munisipaliteit se skuld aan Eskom bykans R8-miljard was. Volgens die hof was Eskom nie by magte om dit te doen nie omdat die munisipaliteit steeds deel was van die nasionale skuldverligtingsplan. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê toe die saak in Oktober voorgekom het, was die beslaglegging reeds opgehef.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page