VAALDRIEHOEK - Eskom sê 'n afwisselende patroon tussen fase twee en fase vier beurtkrag sal ingestel word, om noodreserwes aan te vul. Vanaf vier-uur die middag sal fase twee-beurtkrag ingestel word tot agtuur saans, gevolg deur fase vier tot vyfuur die volgende oggend. Hierdie siklus sal tot verdere kennisgewing voortduur, as gevolg van vertragings met die herstel van drie opwekkingseenhede. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragstelsel sal noukeurig gemonitor word en beloof om môremiddag opdaterings vir die naweek te gee.
FOTOS: (Eskom; Emfuleni se nuwe beurtkrag skedule)
Commentaires