top of page
Search

Eskom stel Save Your Transformers, Save Lives-veldtog bekend

VAALDRIEHOEK - Eskom het 'n Save Your Transformers, Save Lives-veldtog begin, wat kliënte versoek om hul kragverbruik te verminder en onwettige bedrywighede aan te meld. Die veldtog volg na die vervanging van meer as 400 transformators wat sedert Januarie weens netwerkoorlading beskadig is. Die waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, waarsku teen 'n groter vraag na elektrisiteit namate temperature daal. Sambo sê aandag sal gegee word aan netwerkoorladingskwessies wat veroorsaak word deur elektrisiteitsdiefstal weens onwettige verbindings, toerustingdiefstal, opsetlike beskadiging, peutery, ongemagtigde bedrywighede en die aankoop van elektrisiteit van onwettige verkopers.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments

Comments


bottom of page