VAALDRIEHOEK - Eskom sê fase twee-beurtkrag is vanoggend van vyfuur tot verdere kennisgewing ingestel. Dit is as gevolg van die verlies van twee opwekkingseenhede oor die afgelope 24 uur, en groter beplande instandhouding as deel van die plan om die betroubaarheid van sy opwekkingsvloot te verbeter. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê altesaam 3,830 megawatt se opwekkingskapasiteit sal na verwagting teen Woensdag weer beskikbaar gestel word.
FOTO: (Eskom, Emfuleni)
Comments