top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Gauteng gaan ‘n nuwe, peuterbestande nommerplaatstelsel bekend te stel

VAALDRIEHOEK - Gauteng se LUR vir Vervoer en Logistiek, Kedibone Diale-Tlabela, sê haar departement staan op die punt om ʼn nuwe, veilige en peuterbestande nommerplaatstelsel bekend te stel as bydrae om misdadigheid wat orde en vrede bedreig, te bekamp. Sy het tydens die bekendstelling van Vervoermaand by die Smarter Mobility-konferensie in Midrand, Johannesburg, gepraat. Die LUR sê hulle pogings sal nutteloos wees as hulle nie wetteloosheid en misdaad in die samelewing takel nie.

Diale-Tlabela verder sê baie lande elektrifiseer hul vervoervloot en stel elektriese busse, trems en treine in om uitlaatgasse te beperk en bedryfkoste te besnoei. Hulle ondersoek soortgelyke planne in Gauteng om die luggehalte te verbeter. Die provinsie is besig om elektriese motors in gebruik te stel en gaan binnekort ook waterstofvoertuie in gebruik neem. Diale-Tlabela sê die provinsie wil skoon waterstof deur wind- en sonkragplase produseer om dié oorgang moontlik te maak.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments

Comments


bottom of page