Gauteng-inwoners aangemoedig om water spaarsamig te gebruik ondanks stabiele Vaalrivierstelsel
- 90.6 FM News
- Aug 2, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie doen 'n beroep op Gauteng-inwoners om water steeds spaarsamig te gebruik. Dit is ondanks die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel wat bestendig is. Die Vaaldam wat 'n belangrike deel van die stelsel uitmaak, het 49,7% water, teenoor die 50,5% van die vorige week. Die watervlak van die Grootdraaidam het die week effens van 85,3 tot 84,4% gedaal vergeleke met die vlak van 91,9% verlede jaar. Die departement sê inwoners moet oordeelkundig wees in hulle waterverbruik.
Comments