top of page
Search

Gauteng-polisie waarsku oor gevare van Facebook Marketplace

VAALDRIEHOEK - Die polisie in Gauteng het inwoners van die Vaaldriehoek en die res van die provinsie gewaarsku oor die gevare wanneer hulle artikels op platforms soos Facebook Marketplace koop. Dit volg nadat elf verdagtes gearresteer is weens hulle vermeende betrokkenheid by rooftogte wat aanlyn kopers in Winterveldt, Pretoria, teiken. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die skelms adverteer produkte op die platforms en beroof die kopers wanneer hulle die artikels gaan haal. Verbruikers word gewaarsku om waaksaam te wees.


3 views0 comments

Comentarios


bottom of page