Gauteng premier gaan terug op sy belofte oor skrapping van e-tol skuld
- 90.6 FM News
- Mar 1, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die DA in Gauteng sê dis nie ʼn verrassing dat premier Panyaza Lesufi terugkrabbel oor sy belofte dat motoriste nie meer hul e-tolskuld hoef te betaal nie. Lesufi het in Januarie verlede jaar in die nuus gekom toe hy verklaar het R6,9-miljard se e-tolgeld wat betaal is, sal terugbetaal word. Fred Nel van die DA sê dit lyk ook of geen ooreenkoms nog met die nasionale regering bereik is om e-tol te skrap nie.
FOTO: (Verskaf)
コメント