Gautengse graad 1- en 8-aansoeke vir 2025 aangekondig
- 90.6 FM News
- Jul 8, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns en Ontspanning, Matome Chiloane, sal dié week die aanvang van die 2025-aanlyn toelatings vir graad 1 en 8 aankondig. Hy sal ook die aansoek- en plasingsproses uiteensit. Die vertraging met die aansoekstelsel vir volgende jaar se inname het duisende ouers laat sweet. Chiloane gee die versekering die departement het die stelsel verbeter.
Comentários