Gautengse LUR vir Gesondheid ontsteld oor aantal tieners wat geboorte skenk.
- 90.6 FM News
- Jan 18, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê die statistiek oor die aantal tieners wat in provinsiale gesondheidsfasiliteite geboorte geskenk het, is ontstellend. Tieners het in die huidige boekjaar in openbare fasiliteite regoor die provinsie meer as 13,700 babas in die lewe gebring. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê hulle gaan saam met die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling en Basiese Onderwys, asook ander rolspelers ingryp om oplossings te vind vir die faktore wat tot die hoë aantal tienerswangerskappe bydra.
コメント