Gautengse Onderwysdepartement ontvang groot getal aanlyn aansoeke vir graad 1 en 8
- 90.6 FM News
- Jul 12, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Onderwysdepartement sê die proses om vir 2025 aanlyn aansoek te doen vir graad een en agt, is oop tot 12 Augustus. Die departement het meer as 229,000 aanlyn aansoeke ontvang sedert die stelsel gister geopen het. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die hoë syfer dui op die verbeteringe aan die stelsel en die vraag na die gehalte-onderrig wat die provinsie se openbare skole bied.
FOTO: (Verskaf)
Comments