Gautengse wetgewer bied openbare verhore aan oor Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette
- 90.6 FM News
- Feb 23, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Onderwys begin vandag met openbare verhore oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Dit het ten doel om die publiek en belanghebbendes se insette oor voorgestelde veranderings aan die Suid-Afrikaanse Skolewet en die Wet op Indiensneming van Opvoeders in te samel. Van die wysigings behels, verbeterings aan toelatingsprosesse, finansiële aanspreeklikheidsraamwerke en besluitnemingsbevoegdhede. Verhore sal tot volgende Vrydag in verskeie munisipaliteite plaasvind, met regstreekse stroomdienste wat toeganklik is vir afstand-deelname. Die wetsontwerp kan op die wetgewer se webwerf gevind word.
Comments