VANDERBIJLPARK - ‘n Hartverskeurende verhaal van moed en toewyding het die afgelope Maandag in Vanderbijlpark ontvou wat die gemeenskap in skok en hartseer gelaat het. Maroela Media berig, Kayla Muller, ’n matriekleerling van Hoërskool Transvalia, het ’n grusame gewapende roof beleef toe sy ná haar wiskunde-eksamen by die huis opdaag. Drie gewapende mans het haar gekonfronteer, maar sy het daarin geslaag om uit hul kloue te ontsnap en haar 85-jarige ouma en die gesin se huishoudster te waarsku. Die ware helde van hierdie storie was egter Sussie en Bumper, die gesin se lojale Jack Russell-terriërs. Volgens Kayla het die twee honde haar vreesloos teen die aanvallers probeer beskerm. Nadat die gewapende mans gevlug het, het die familie dadelik die polisie en buurtwag gekontak. Die rowers het weg gehardloop met ‘n televisie en een van die honde, Sussie, het hulle agternagesit. In ‘n harverskeurende wending is Sussie steeds soek. Kayla sê hul harte is gebroke en sy vrees vir Sussie se veiligheid ’n Soektog na Sussie is aan die gang, en die gemeenskap van Vanderbijlpark word versoek om te help om die vermiste held, Sussie, die Jack Russel, op te spoor.
top of page
Search
Recent Posts
See AllPARYS - Two men, aged 22 and 29, appeared in the Parys Magistrate’s Court yesterday, January 14, following a violent farm attack in...
10
VAALDRIEHOEK - Skole het vandag geopen te midde die implementering van die omstrede Bela-wetgewing. Die vakbond Solidariteit sê skole en...
00
VAAL TRIANGLE - Gauteng Provincial Legislature's Community Safety Committee has urged immediate action on school safety as schools reopen...
00
bottom of page
Comments