top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Geliefde Meyerton egpaar sterf in ‘n trompop motorfietsbotsing

MEYERTON - ‘n Geliefde egpaar van Meyerton, Gauteng, André en Sonika Schreiber, het in ‘n trompop motorfietsongeluk oor die naweek gesterf. Maroela Media berig die ongeluk het omstreeks 18:00 Saterdagaand naby die Midvaal-renbaan in Meyerton gebeur. Die nuusagentskap berig ‘n familielid sê hulle het verneem dat ‘n bakkie ‘n ander voertuig verbygesteek en in die aankomende baan die motorfiets waarop die Schreiber-egpaar was, reg van voor getref het. Die motorfiets het met impak aan die brand geslaan en die egpaar het ongelukkig op die toneel gesterf. Volgens die berig het die bestuurder van die bakkie ook in die ongeluk omgekom, maar sy naam was nie bekend gemaak nie. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Dimakatso Nevhuhulwi, het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word. Maroela Media berig André was ‘n toesighouer by ‘n ingeneursmaatskappy en Sonika was ‘n verkoopsverteenwoordiger. André word deur ‘n 12-jarige seun oorleef. Die familie is nog besig met begrafnisreëlings.

FOTO: (Facebook)



10 views0 comments

Comments


bottom of page