top of page
Search

Gesondheidsdepartement verwelkom eerste besending a-pokke-behandeling terwyl gevalle toeneem

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Gesondheid het die eerste besending Tecovirimat ontvang om pasiënte te behandel wat weens a-pokke met ernstige gesondheidsprobleme sukkel. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die proses is aan die gang om nog behandeling, wat entstof insluit, te kry indien dit nodig sou wees. Hy sê nog ses gevalle is deur ʼn laboratorium bevestig wat die totaal op 13 te staan bring.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments

Comments


bottom of page