top of page
Search

Gun-Free SA versoek regering om die maklike toegang tot vuurwapens hok te slaan

VAALDRIEHOEK - Gun Free South Africa vra die regering om stappe te doen om te verhoed dat misdadigers maklik vuurwapens bekom. Dit volg nadat die metropolisie in Hanoverpark op die Kaapse Vlakte beslag gelê het op 'n aangepaste vuurwapen, omskep in 'n ten volle outomatiese wapen. Die organisasie se direkteur, Adéle Kirsten, vra 'n wysiging aan die wet om lisensiëring van semi-outomatiese wapens aan burgerlikes te verbied. Sy waarsku teen moontlike vuurwapengeweld soortgelyk aan dié wat in die Verenigde State gesien word as die kwessie nie vinnig aandag kry nie.

FOTO: (Verskaf)


15 views0 comments

Comments


bottom of page