top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Heilbron-integrasie bedreig dienslewering in Metsimaholo

METSIMAHOLO - Die Demokratiese Alliansie Metsimaholo Munisipaliteit sê in 'n memo die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) het die inlywing van Heilbron by die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gefinaliseer. DA-raadslid Phemelo Tabile sê hierdie besluit hou aansienlike implikasies in vir beide Metsimaholo-inwoners en Heilbron se gemeenskap, aangesien 'n munisipaliteit se primêre doelwit is om noodsaaklike dienste te lewer en dat hierdie herbepaling deur die Munisipale Afbakeningsraad ongetwyfeld tot 'n ineenstorting in dienslewering sal lei. Volgens Tabile worstel Metsimaholo reeds met talle diensleweringsuitdagings regoor Sasolburg, Zamdela, Vaalpark, Deneysville, Oranjeville en Refenkgotso. Tabile bevraagteken hoe die munisipaliteit voldoende personeel gaan aanstel terwyl die munisipaliteit nie eers die finansiële middele het om 'n satellietkantoor te vestig nie. Gevolglik laat dit vrae ontstaan oor die voorgestelde voordele vir gemeenskappe. Tabile sê dit blyk 'n politieke skuif deur die ANC te wees om mag in die plaaslike verkiesing van 2026 te verseker. Die DA het alle inwoners versoek om hul stemme in die komende 2024 Nasionale en Provinsiale Regeringsverkiesing op 29 Mei uit te bring.


8 views0 comments

Comments


bottom of page