top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

HTS Sasolburg skoolhoof in sy been geskiet tydens gewapende rooftog

SASOLBURG - Die skoolhoof van HTS Sasolburg, Dirk Coetsee, is tydens ‘n gewapende rooftog in sy been geskiet. Die skool het in ‘n verklaring gesê die 48-jarige hoof sal moontlik ‘n operasie aan sy been moet ondergaan nadat hy Vrydag in die vroeë oggendure in sy been geskiet is by ‘n selfsorghuis in Colchester, Gqeberha. Volgens die verklaring het hy en 10 ander skoolhoofde van die Sasolburg omgewing daar tuisgegaan vir die SAOU-hoofdekonferensie. Maroela Media berig polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, sê twee mans het glo omstreeks 03:45 toegang tot die huis verkry en persoonlike besittings bymekaar begin maak. Coetsee het wakker geword en begin skree, waarna ‘n skoot in sy rigting afgevuur is en hy in die knie gewond is. Naidoo sê die verdagtes het met sewe selfone en sewe beursies gevlug. Sy sê dit is in hierdie stadium onduidelik hoe die verdagtes toegang tot die huis verkry het omdat daar geen tekens van gedwonge toegang was nie. Die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord. Volgens die skool se verklaring is geen ander hoofde in die voorval beseer nie, hoewel hulle getraumatiseer is.

FOTOS: (HTS Sasolburg)



5 views0 comments

Comments


bottom of page