Inflasie het verder gedaal in Desember weens laer petrolprys
- 90.6 FM News

- Jan 25, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Desember vir die tweede agtereenvolgende maand gedaal, van 5,5% in November tot 5,1%. Dit is die laagste persentasie sedert Augustus. Die laer koers is weens laer brandstofpryse wat gelei het tot laer vervoerkoste. Statistieke Suid-Afrika sê ook die prys van brood en graan het tussen die twee maande met 0,2% gedaal maar was steeds 7,5% hoёr as in Desember 2022. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal vandag sy besluit oor rentekoerse bekend maak.
FOTO: (Verskaf)




Comments