top of page
Search

Inflasie verstadig in April verder tot 5,2%

VAALDRIEHOEK - Jaarlikse verbruikersinflasie het verlede maand verder verstadig. Die verbruikersprysindeks het in April 'n styging aangeteken van 5,2%, vanaf 5,3% in Maart en 5,6% in Februarie. Statistiek SA sê algemene voedselinflasie het ook gedaal, behalwe vir groente, vrugte en warm drankies. Inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies was meer gematig, van 5,1% in Maart tot 4,7% in April, wat 'n vyfde agtereenvolgende maand van afname verteenwoordig. Brood- en graan-inflasie was 'n twaalfde agtereenvolgende maand laer. Rys-inflasie het met 26,4%, opgeskiet, die hoogste sedert Mei 2009.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page