top of page
Search

Inkomstediens maak verskoning ná ‘n grootmaat-SMS boodskap as ‘n dreigement ervaar is

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het belastingbetalers om verskoning gevra na ‘n SMS-boodskap uitgestuur is wat hulle herinner om hulle opgawes in te dien, en wat ‘n dreigement beskou is. Belastingbetalers het oor die boodskap gekla wat hulle waarsku oor moontlike strafregtelike optrede as hulle nie hulle opgawes betyds indien nie. Die Inkomstediens sê die SMS voldoen nie aan die professionele standaarde wat hy voorhou nie. Die SAID sê dit was bedoel as ‘n opregte en nuttige herinnering, maar dit is nie goed ontvang nie. Die SMS-lyn is tot verdere kennisgewing opgeskort.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Kommentare


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page