VAALDRIEHOEK - Inwoners van die Vaaldriehoek word gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle na die Wes-Kaap reis vir die Paasvakansie. Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sê gevalle van rubella of Duitse masels is in die George-omgewing aangeteken. Alhoewel dit gewoonlik 'n ligte siekte is by kinders en volwassenes, kán dit baie skadelik wees vir swanger vroue, omdat dit hul ongebore babas ook kan besmet. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê rubella is 'n hoogsaansteeklike siekte wat gekenmerk word deur simptome soos koors en 'n uitslag.
top of page
Search
Recent Posts
See AllPARYS - Two men, aged 22 and 29, appeared in the Parys Magistrate’s Court yesterday, January 14, following a violent farm attack in...
10
VAALDRIEHOEK - Skole het vandag geopen te midde die implementering van die omstrede Bela-wetgewing. Die vakbond Solidariteit sê skole en...
00
VAAL TRIANGLE - Gauteng Provincial Legislature's Community Safety Committee has urged immediate action on school safety as schools reopen...
00
bottom of page
Commentaires