top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Inwoners van Gauteng word gemaan om gereed te maak vir 'n koue front.

VAALDRIERHOEK - Inwoners van Gauteng word gemaan om nog nie die komberse weg te pak nie. Na ‘n week waarin die temperatuur tot so hoog as 30 grade Celsius gestyg het, word ‘n koue front van môre af voorspel. Die kwik in Johannesburg sal na verwagting daal tot ‘n maksimum van 17, terwyl dit in Pretoria nie meer as 22 -grade sal bereik nie. Die temperatuur sal teen Donderdag weer styg. Elders in die land word baie koue, nat en winderige toestande van vandag verwag oor die Noord-, die Wes- en die Oos-Kaap, met ‘n geel vlak 1-windwaarskuwing vir die kus tussen Saldanhabaai en Mosselbaai.



6 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page