Inwoners van Vanderbijlpark sal van Donderdag tot Maandag sonder water sit.
VANDERBIJLPARK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het sy verbruikers in Vanderbijlpark in kennis gestel van 'n beplande watertoevoersluiting. Dit is om 'n lekkende waterpypklep te herstel. Watertoevoer na Vanderbijlpark, Tshepiso, Boipatong, Bophelong, Bonanne en omliggende Landbouhoewes sal op Donderdag, 14 September tot Maandag, 18 September onderbreek wees. Indien geen probleme voorkom nie, sal die herstelwerk binne vier dae voltooi word, met 'n waarskynlike vyfde dag om lug uit die pype te "bloei" en selfs 'n sesde dag om die reservoir vol te maak. Daar sal GEEN water wees gedurende die aanvanklike vier dae nie. Inwoners word versoek om voldoende water voorraad te berg vir drink, kook en ablusies doeleindes. Inwoners sal opdaterings ontvang soos en wanneer wyksraadslede inligting ontvang.



