Inwoners woedend oor studenteverblyfkrisis in Vanderbijlpark
- 90.6 FM News

- Jul 14
- 1 min read
VANDERBIJLPARK - Inwoners van Vanderbijlpark is keelvol vir die impak van onwettige studenteverblyf en partytjies op hul woonbuurte. Netwerk24 raporteer honderde erwe word sonder toestemming omskep in verblyf vir tot soveel as 20 studente per huis, wat enorme druk plaas op riool-, water- en kragstelsels. Inwoners rapporteer onwettige kragkoppelings, slapende stadsverordeninge, en studente wat hul WhatsApp-groepe infiltreer. Die oorspronklike ontwikkelingsraamwerk bepaal dat studenteverblyf beperk moet wees tot sekere areas, maar dit word nie afgedwing nie. ‘n Sakeman het onlangs nóg ‘n erf naby die kampusse gekoop, glo met die plan om akkommodasie vir 144 studente te ontwikkel, tot groot ontsteltenis van die gemeenskap. Die munisipaliteit erken die krisis en sê hulle sal begin om verordeninge toe te pas en skuld in te vorder. Makhosonke Sangweni, woordvoerder van die Emfuleni-munisipaliteit, sê die kwessie is ingewikkeld. Sanweni sê hoewel die munisipaliteit nie gekant is teen studenteverblyf nie, moet dit wettig en met behoorlike goedkeuring geskied. Daar is tans sowat 40,000 studente in die area wat verblyf benodig. Sangweni voer aan om onwettige strukture te verwyder sal tot tientalle hofsake lei. Inwoners vra dat stadsverordeninge afgedwing word, skuld ingevorder word, en dat onwettige kragkoppelings gestop word.



Comments