MEYERTON - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het in ‘n kennisgewing gesê ‘n gedeelte van Johan Le Roux-weg in Meyerton sal vandag, 10 Junie, gesluit wees. Die pad sal vanaf Meyerstraat tot by die Morrisstraat kruising gesluit wees weens padwerke. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik, naamlik Pierneef Boulevard, Meyers-straat, Lilystraat, Morrisstraat en ander paaie. Swaar voertuie word aangeraai om kennis te neem van beperkings in die middestad van Meyerton. Midvaal het inwoners bedank vir hulle geduld tydens die padwerke en het belowe om dit so gou as moontlik af te handel. Dit volg na die munisipaliteit Vrydag aan ‘n ander deel van Johan le Roux-weg gewerk het.
FOTO: (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit)
Comments