top of page
Search

Jong Heilbron boer word vandag begrawe na hy sterf in ongeluk oppad na Vaalpark

HEILBRON - ‘n Jong boer van Heilbron, net suid van die Vaaldriehoek, word vandag ter ruste gelê na hy op pad na Vaalpark om sy verloofde te gaan verras in ‘n ongeluk gesterf het. Netwerk24 berig die 27-jarige Wihann Naudé wou sy verloofde, die 22-jarige Naomie Faul in Vaalpark, Sasolburg, gaan verras, maar toe hy nie daar aankom nie, het iemand gebel om te hoor waar hy is. Sy ma het aan Netwerk24 gesê iemand op die ongelukstoneel het sy selfoon geantwoord en hulle ingelig dat daar ‘n ongeluk was. Die polisie het Sondagoggend omstreeks 02:00 inligting gekry dat daar ‘n ongeluk op die R57 naby Mooidraai, Zamdela, was. Polisiewoordvoerder, Sersant Josephine Rani, sê die polisie het op ‘n jong man afgekom by ‘n Isuzu-bakkie wat omgeslaan het. Volgens die berig sal Naudé se begrafnisdiens vandag in die AP kerk in Heilbron gehou word.

FOTOS: (Verskaf aan Netwerk24)



11 views0 comments

Comentarios


bottom of page