top of page
Search

Kiesers word gevra om seker te maak hoe die drie stembriewe werk

VAALDRIEHOEK - Die Verkiesingskommissie maan kiesers om te onthou hulle kan net een merk per stembrief maak. Meer as een sal dit 'n bedorwe stembrief maak en dit word nie getel nie. Die nasionale stembrief bestaan uit 'n lys van partye vir 200 setels in die Nasionale Vergadering. Die streek- of provinsie-tot-nasionale stembrief het partye en onafhanklike kandidate wat om setels meeding wat vir elke provinsie reserveer is. Die OVK sê die provinsiale stembrief is uniek vir elke provinsie en sluit partye en onafhanklike kandidate in wat om setels in elke onderskeie provinsiale wetgewer meeding.

FOTO: (IEC, Daily Maverick)



2 views0 comments

Commentaires


bottom of page