top of page
Search

Knorr onttrek sy bruinuie-souspoeier uit die mark

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Knorr het sy bruinuie-souspakkies herroep nadat bevind is 'n klein besending is gevul met sy professionele bruinsousbasis. Die eienaar Unilever sê die verpakking wys nou nie sekere bestanddele wat bevat word in die sousbasis nie. Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaners, wat die produk gekoop het wat aangedui word met die beste-voor datum van 11 en 12 Desember 2025, kan dit terugbring vir 'n terugbetaling. News24 berig Knorr moes ook sy Cup-a-Soup lite bief-en-groente in 2022 herroep toe dit verkeerdelik verpak is met die gewone bief-en-groente-sopmengsel.

FOTO: (News24 - Die produk wat herroep word)


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page