top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Kos-inkopies kan moontlik hierdie Kersfees ‘n uitdaging wees

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse vebruikers gaan dalk moet mooi beplan hoe hulle kos-inkopies gaan struktureer hierdie Kersfees. Jaarlikse verbruikersinflasie het in Oktober vir ‘n derde opeenvolgende maand gestyg, tot 5,9% vanaf 5,4% in September. Inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drank het vir ‘n tweede agtereenvolgende maand toegeneem. Die maandelikse styging van 1,5% was die hoogste sedert Januarie. Mieliemeelpryse het tussen September en Oktober met 1,3% gedaal. Rys is egter 20,8% duurder as ‘n jaar gelede. Eierpryse het skerp gestyg, met die prysaanwyser wat vanaf September met 13,4% gestyg het. Groente was in Oktober 23,6% duurder as ‘n jaar gelede, die hoogste koers sedert Desember 2007.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments

Comments


bottom of page