Kwalifiserende kiesers het tot Vrydag tyd om aansoek te doen vir spesiale stemme
- 90.6 FM News
- Apr 30, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Stemgeregtigdes van die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika kan nog tot Vrydag, 3 Mei aansoek doen vir ‘n spesiale stem. Die Verkiesingskommissie laat kiesers toe om in die twee dae voor stemdag ‘n spesiale stem uit te bring. Dit is van toespassing op geregistreerde kiesers wat op stemdag weens verskeie redes nie by hul stempunt kan uitkom nie. Kiesers kan aanlyn of per sms aansoek doen vir ‘n spesiale stem. Besonderhede is op die Verkiesingskommissie se webblad.
Comments