top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Lumiére Primêr se skoolsaal dak stort ineen

VAALPARK - Die Lumiére Primêre Skool in Vaalpark, Vaaldriehoek, het bevestig daar was geen beserings na die skoolsaal se dak Vrydagmiddag, 10 November, ineengestort het nie. Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Pierre Gouws, het Vrydagaand in ‘n verklaring gesê die skoolsaal se dak het op 10 November 15:30 die middag ineegestort. Dit volg na die skool se beheerliggaam in Mei vanjaar reeds die defekte in die skoolsaal infrastruktuur en die moontlik risiko’s daaraan verbonde aan die Vrystaatse Departement van Onderwys uitgewys het. Gouws sê hulle het net verlede week korrespondensie met die departement gehad. Die skool se beheerliggaam het met die ontdekking van die infrastruktuurprobleme spoedig die area beveilig en geen toegang toegelaat nie. Met die waarneming van verhoogde versakking vroeër in die week is die klaskamers wat die naaste aan die saal is ontruim. Die skool ook alle ingange tot die saal gesluit, elektriese toevoer na die saal afgeskakel en versperrings om die saal geplaas sodat niemand te naby kan tree nie.

FOTOS: (VCN News, Netwerk24)






11 views0 comments

Comments


bottom of page