top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Man in Vanderbijlpark gearresteer vyf jaar na skietvoorval

VANDERBIJLLPARK - ‘n Man is verlede Woensdag, 15 November in Vanderbijlpark in hegtenis geneem, meer as vyf jaar na die skietdood van Gerhard Coertzer, by ‘n partytie in Middelburg. Coetzer is op 27 April 2018 tussen partytjiegangers doodgeskiet terwyl sy driejarige seun, Ronaldo, toegekyk het. Bianca Coetzer, Gerhard se vrou hou vol ’n persoon het by die partytjie met ’n wapen gespeel en dat twee skote afgegaan het. Sy sê die saak het lank sonder enige aanklagte teen Philip de Klerk gesloer, al het almal wat by die partytjie was, gewéét wie Coetzer geskiet het. Die Middelburg Observer berig de Klerk het Donderdag, 16 November in die Middelburg Landdroshof verskyn nadat hy in Vandedrbijlpark in hegtenis geneem is, en bly tans in aanhouding terwyl 'n moordklagte ondersoek word. Die saak is uitgestel tot hierdie week vir 'n formele borgaansoek. Die Coetzer-familie is dankbaar vir die hernude aandag aan die saak. Volgens die Middelburg Observer is die dossier herhaaldelik terugverwys tussen die nasionale vervolgingsgesag en die polisie weens onvolledige inligting. Afriforum se privaatvervolgingseenheid is ook by die saak betrokke om dit te heroorweeg. Coetzer se vrou sê geregtigheid sal nie haar man sal terugbring nie, maar dit is noodsaaklik vir haar kinders se toekoms.





6 views0 comments

Comments


bottom of page