VANDERBIJLPARK - Die SAPS doen ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n Middelburgse sakeman Sondag met ‘n skietwond in sy Toyota Hilux-bakkie by die Snakeweg-afrit op die N12-snelweg in Benoni aangetref is. Die slagoffer is geidentifeer as die 49-jarige Johan Cowan, ‘n direkteur van Genet Mineral Processing. Cowan is na bewering Saterdag uitgeroep na een van die groep se nuwe myne in Vanderbijlpark. Volgens Gautengse polisiewoordvoerder, Kaptein Mavelo Masondo het die voertuig glo nog geluier toe Cowan liggaam gevind is. Sy skootrekenaar, selfoon en pistool was nog in die voertuig. Hy word oorleef deur sy vrou, en twee kinders.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVANDERBIJPARK - The EFF in Gauteng has condemned the ongoing water crisis in parts of the City of Johannesburg, saying this is a direct...
00
VAAL TRIANGLE - The DA is urging the South African Social Security Agency to extend the SASSA gold card deadline. The party is citing...
00
VAALDRIEHOEK - Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te...
00
bottom of page
Comments