VAALDRIEHOEK - Ongeveer 13,831 verdagtes is verlede week in landwye Shanela-operasies in hegtenis geneem. Die verdagtes is aangekeer vir misdade wat insluit moord, verkragting, geslagsgeweld, die onwettige besit van vuurwapens en dronkbestuur. Die woordvoerder van die polisie Amanda van Wyk, sê 1,597 onwettige buitelandse burgers is ook agter tralies. Sy voeg by 151 vuurwapens is die afgelope week in beslag geneem, wat 52 meer is as die vorige week.
FOTO: (Verskaf)

コメント