top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Meer as 33 000 mense besoek Binnelandse Sake tydens kieserregistrasie-naweek

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Binnelandse Sake sê hy het meer as 33,500 mense by sy kantore en 105 mobiele eenhede gehelp tydens die laaste kieserregistrasie-naweek. Die publiek se oorweldigende reaksie het vier kantore van Binnelandse Sake in Gauteng en talle in ander provinsies genoop om tot na vyf oop te bly. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê byna 23,400 mense het oor dié twee dae hulle ID’s kom afhaal terwyl nog 9,100 vir ID’s aansoek gedoen het – die meeste van hulle vir die eerste keer.

FOTO: (90.6 FM News)


5 views0 comments

Comments


bottom of page