top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Meeste kitsbankontploffings het verlede jaar in Gauteng plaasgevind

VAALDRIEHOEK - Misdadigers het verlede jaar 333 kitsbanke in Suid-Afrika met plofstof beroof en die meeste voorvalle was in Gauteng. Dit is volgens ‘n verslag deur die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum ‘n kommerwekkende neiging wat jaarliks met sowat 20% styg. Georganiseerde misdaadsindikate gebruik die plofstof, wat dikwels uit Zimbabwe kom, om toe te slaan op kitsbanke en transito-voertuie, asook in onwettige mynbedrywighede. Oortreders is swaar bewapen en raak betrokke by gewelddadige botsings met wetstoepassers. Die aanvalle het banke verlede jaar R32-miljoen uit die sak gejaag, ondanks sekerheidsmaatreëls soos banknote wat met kleurstof gemerk word.

FOTO: (Facebook)


10 views0 comments

Comments


bottom of page