MEYERTON - Die Meyerton GPF sê 'n huisbraakverdagte, wat glo die Midvaal-omgewing met huisbrake terroriseer het, is gister, 10 April 2024, aangekeer. Die organisasie sê in 'n verklaring die verdagte is gisteroggend in die vroeë oggendure vasgetrek. 'n Taakspan is deur The Beast Security saamgestel met bystand van die Meyerton GPF om die verdagte te vind en vas te trek, en om 'n suksesvolle vervolging te verseker. Die Meyerton GPF sê die verdagte word met verskeie inbrake in die Midvaal-omgewing verbind.
FOTO: (Meyerton CPF)
Comentarios