top of page
Search

Meyerton GPF maak ‘n huisbraak-arrestasie ná suksesvolle soektog

MEYERTON - Die Meyerton GPF het vandeesweek 'n huisbraakverdagte gearresteer nadat 'n suksesvolle soektog van stapel gestuur is. Die GPF sê kringtelevisie-beeldmateriaal van die inbraak is aan verskeie wetstoepassingsgroepe en belanghebbendes. Met dié inligting is die verdagte Maandag uitgeken en aangekeer. Eenhede wat betrokke was, sluit in die Midvaal Ingrypingspan (GPF), Midvaal Vredesbeamptes, The Beast Security en die Meyerton SAPD. Meyerton-inwoners word aangemoedig om hul anonieme misdaadwenke na die Midvaal GPF WhatsApp-nommer 071 882 5621 te stuur.

FOTO: (Meyerton CPF)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page